Johannesburg – ‘n Man het in ‘n valskerm-ongeluk by ‘n valskermklub in Carletonville, wes van Johannesburg, gesterf, het die Valskermvereniging van Suid-Afrika gesê.
Roelof Hattingh (39) was Saterdagmiddag besig met 'n solo-sprong toe die voorval gebeur het, het Mark Bellingan, woordvoerder van die vereniging, in ‘n verklaring gesê.
Hattingh se valskerm het oopgemaak en gewerk, maar het wegbeweeg van die landingsgebied.
Hy het ernstige beserings opgedoen, maar die oorsaak van sy dood is nog onbekend.
- SAPA/Nuus24
No comments:
Post a Comment