Kaapstad – Ses mense is in 'n bestendige toestand in die hospitaal nadat hulle in 'n fratsongeluk by die Kaapstad-stadion beseer is, het die departement van gesondheid in die Wes-Kaap Vrydag gesê.
'n Vrou is Woensdagaand dood en 19 ander mense beseer nadat steierwerk kort voor Linkin Park se konsert omgewaai is.
"'n Vroulike pasiënt is vanaf die Somerset-hospitaal na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas omdat sy verdere behandeling benodig vir haar rugwerwelbesering. Nóg 'n pasiënt sal later vandag [Vrydag] 'n operasie ondergaan," het Mark van der Heever, woordvoerder van die departement, gesê.
Intussen het Lucozade hom as amptelike borg van die Linkin Park-toer onttrek.
Die Amerikaanse rockgroep sal Saterdagaand in Johannesburg optree.
- Nuus24
No comments:
Post a Comment