Pages

Tuesday, 6 March 2012

Ambulansdiens weier om sieke te vervoer


Personeellede van Netcare laai die hawelose man op.

GEORGE NUUS - Personeel van Garden Route Real Estate het vanoggend 'n hawelose man voor hulle kantoordeur gevind toe hulle by die werk opdaag.

Metro-ambulansdiens is ontbied.
Twee vroulike noodpersoneellede het bykans twee ure later, om ongeveer 09:00, opgedaag, maar wou die man nie oplaai nie.

Volgens Mariëtte Stander van Garden Route Real Estate het dit gelyk of die man in 'n ernstige toestand was. Daar het bloed by sy mond uitgekom.

Een van die ambulanspersoneellede het die polisie ontbied, maar hulle wou die man ook nie oplaai nie omdat hy mediese hulp nodig gehad het. Sou hy in die selle sterf, sou die polisie verantwoording moes doen.

'n Rukkie later het 'n ambulans van Netcare opgedaag. Twee van hul (ook vroulike) personeellede het die man opgelaai en hospitaal toe geneem.

Stander kla dat die hospitaal se ambulansdiens hul plig versuim het om iemand in nood te help. Sy sê die belastingbetaler moet nou ook vir 'n privaatdiens opdok vir 'n diens waarvoor die Metrodiens reeds betaal is.

Die George Herald wag nog vir kommentaar van die George-hospitaal.

- George Herald

SAWDOS: Netcare 911 het gewys hoe dit  gedoen moet word. 'n Lewe is 'n lewe ongeag of 'n persoon haweloos is of nie. Welgedaan aan beide die twee dames van Netcare 911!!

No comments:

Post a Comment