'n 32-jarige man is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat 'n kameelperd hom Dinsdag naby Pretoria met die kop gestamp het terwyl hy glo probeer het om 'n bloedmonster van die dier te neem.
Volgens 'n woordvoerder van Netcare 911 het die ongeluk by 'n fasiliteit in die Hammanskraal-gebied plaasgevind waar diere in kwarantyn gehou word.
"Die man het blykbaar probeer om bloed te trek toe die dier hom met die kop gestamp en teen 'n paal vasgedruk het."
Volgens die woordvoerder het die slagoffer ernstige beserings aan sy ruggraat opgedoen en is hy per lug na die Steve Biko Akademiese Hospitaal vervoer.
- Sapa
No comments:
Post a Comment