2012-01-18 13:30
Johannesburg. - Noodspanne van Phalaborwa en Polokwane is onderweg om mense wat in agt kritiese gebiede rondom Hoedspruit - sommige in bome - vasgekeer is, te gaan help.
Sedert ’n vloedwaarskuwing in Mpumalanga uitgereik is nadat swaar reën sedert Dinsdagnag oor die Laeveld uitgesak het, is Hoedspruit reeds heeltemal van die buitewêreld afgesny.
Tussen 75 mm en 150 mm reën het van Maandag middernag tot gisteraand om 20:00 in dié gebied geval.
Die enigste twee paaie wat toegang tot Hoedspruit verleen se brûe is onder water nadat die Olifants- en die Blyderivier hul walle oorstroom het.
Die Sandrivier het ook sy walle oorstroom en ‘n brug daarop is onder water.
‘n Deel van die Kamogelo-sakesentrum in die dorp is onder water. Die enigste manier hoe die dorp bereik kan word, is per helikopter.
Die brug na die lugmagbasis buite die dorp is verspoel en die personeel is in die basis vasgekeer. Die basis en die lugmagwoongebied is van mekaar afgesny. Die basis se operasiekamer is ook onder water - mense moes halflyf in die water loop om rekenaars te "red". Almal is op 'n gereedheidsgrondslag en vrouens moet besittings pak sodat hulle later met 'n helikopter opgepik kan word.
Volgens me. Elmé Breytenbach is mense by die Mohlatsi-avontuurkamp gered. 'n Bejaarde vrou en 'n huiseienaar is met 'n kano gered nadat dié oord aan die wal van die Blyderivier oorstroom het.
Onbevestigde berigte is ook ontvang van 'n gesin wat op pad werk toe was op 'n sitrusplaas toe hul motor in 'n boom vasgespoel en hulle in 'n boom moes klim. Hul motor het glo weggespoel.
Volgens die weerburo lê daar nog 'n digte wolk- en reënmassa in 'n radius van 108 km rondom Hoedspruit.
- Beeld Redaksie
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Wednesday, 18 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment