Wednesday 4 January 2012

Kragonderbreking bring Oudtshoorn tot stilstand

Oudsthoorn – 'n Groot deel van Oudsthoorn moes Dinsdag lank sonder elektrisiteit klaarkom weens 'n tegniese probleem by 'n belangrike substasie in dié Wes-Kaapse dorp.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, 'n woordvoerder vir die munisipaliteit, sluit die dele wat deur die kragonderbreking geraak is die sakekern, woonbuurte, en die townships Bongolethu en Bridgton in.

"Die krag was van ongeveer 10:00 tot 15:00 af," het hy gesê.

"Die elektrisiteitstoevoer is herstel ná tegnici die fout opgespoor het."

- SAPA

No comments:

Post a Comment