PRETORIA. – Tensy daar vinnig teen mense opgetree word as hulle laserligte op vliegtuie skyn, is dit net ’n kwessie van tyd voordat ’n vliegramp as gevolg daarvan gebeur, waarsku vlieëniers.
Daar was sedert vroeg Januarie veral in die omgewing by die Mosselbaai-lughawe ’n ernstige toename in sulke voorvalle.
Dit het egter ook by Lanseria, Wonderboom en verskeie ander lughawens gebeur, het vlieëniers op die webblad www.avcom.co.za gekla.
In een geval is daar drie keer agtermekaar geflits in die oë van ’n vlieënier wat in ’n sirkelpatroon by Mosselbaai was.
Volgens hom is die ligte uit die Num-Num-woongebied geskyn. Kennisse het vir hom gesê bokse vol van die lasers is Oujaarsaand op Hartenbos se strand aan vakansiegangers verkoop.
Drie mense is die afgelope naweek in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo laserligte in die oë van vlieëniers betrokke by die ANC se eeufeesvierings geskyn het.
Mnre. Theunis le Grange (45), Albertus van Vuuren (22) en ’n tienerseun is elk op borgtog van R500 vrygelaat nadat hulle Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het weens beweerde oortredings van die Wet op Burgerlike Lugvaart. Die saak teen die seun is intussen teruggetrek.
Een vlieënier skryf op die webblad daar is ook ’n probleem by die Virginia-lughawe by Durban. Die vlieëniers is in samewerking met die polisie besig om ’n SMS-stelsel te vestig om die posisie van waar die ligte geskyn word, aan die polisie te stuur sodat die skuldiges vasgetrek kan word.
Sedert die probleem ’n paar jaar gelede in Suid-Afrika kop uitgesteek het, was die grootste uitdaging om die skuldiges op heter daad te betrap, sê hulle.
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) sê daar is drie verskillende regulasies in die lugvaartwetgewing waarvolgens mense aangekla kan word as hulle gevang word. Hulle kan tot tussen 10 en 30 jaar tronkstraf gevonnis word as hulle skuldig bevind word.
Nog ’n vlieënier sê dit blyk egter ook die oningeligtheid van ouers te wees wat maak dat hulle óf die lasers vir hul kinders koop, óf hulle nie oor die gevolge inlig as hulle die lasers in mense se oë sou skyn nie.
Hy het ’n kind in ’n restaurant in ’n casino in Kemptonpark gekonfronteer nadat dié heeltyd, in die teenwoordigheid van sy ouers, ’n laser op hom geskyn het.
Veral die kragtige lasers kan blywende skade aan vlieëniers se oë veroorsaak. Waar dit veral met ’n vliegtuig of lugdiensstraler se opstyging en landing geskyn word, kan dit ’n ramp tot gevolg hê.
- Erika Gibson, Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment