Foto: Die toegewyde span lewensredders het bont gestaan om die reuse skare by Victoriabaai dop te hou en tot vyf reddings per dag uitgevoer. Foto verskaf.
GEORGE NUUS - ‘n Klein spannetjie lewensredders het in die afgelope hoogseisoen, ongetwyfeld onder moeilike omstandighede, dienste gele-wer by die oorvol Victoriabaai. Die skare strandgangers het die klein strandjie toegepak. Lede van die publiek het vandeesweek gekla dat die owerhede in die toekoms ook beter skarebeheer sal móét toepas.
Daar was by tye soveel as 3000 mense wat orals uitgekamp en gebraai het. Die oordjie was toegespan met tente en gazebos.
Afgesien van onwettige drankgebruik en ‘n vuisgeveg oor staanplek, het die jong span lewensredders bontgestaan om die horde jong kinders wat in die see geswem het dop te hou. Boonop was daar springgety en gevaarlike systrome. Tydens een insident waar ‘n kind amper verdrink het, was daar blykbaar geen toesig van die ouers nie.
Volgens George-inwoner Michelle Smit wou dit voorkom of die wetstoepassers handdoek ingegooi het oor die aandra van braaitoerusting, want die braaiers het hulle tot reg voor die restaurant tuisgemaak.
Smit het bygevoeg: "Die abnormale drukte het ‘n plofbare atmosfeer geskep soos mense meegeding het vir spasie. Ek het gevoel dis te onveilig om my seun wat wou kom surf, alleen agter te laat." Sy het langs ‘n vakansieganger van Sandton gestaan wat ook die vuisgeveg gadegeslaan het. "Die vrou het haar misnoeë uitgespreek en gesê dat Victoriabaai haar nooit weer sal sien nie."
Neels Barnard, waarnemende hoof van nooddienste, het aangedui dat hyself of een van sy George-brandweeroffisiere daagliks besoek afgelê het om die koördinering van die lewensredders te behartig.
"Wat die lewensredders op Victoriabaai betref, is daar ses lewensredders elke dag aan diens, onder leiding van twee senior lewensredders, waarvan een ‘n 20-jarige is en twee 19-jarige studente, wat al vir die afgelope ses jaar diens doen op Victoriabaai."
Barnard het gereageer op ‘n klagte dat die lewensredders te jonk gelyk het om die veeleisende taak te behartig.
Weerlê
"Tot hede het ons nog geen verdrinkings op George-munisipale strande gehad nie, deur die goeie werk wat deur ons lewensredders verrig word. Hier volg 'n paar statistieke net vanaf 25 Desember opVictoriabaai - op Kersdag was daar een groot redding en vyf minder ernstige reddings (help-outs).
"Op Nuwejaarsdag 10 reddings en 25 "help outs".
"Vir die res van die dae het hulle gemiddeld vyf "help-outs" gehad, en as dit nie goeie diens is nie, dan weet ek nie.
"Wat die koördinering van die nooddienste betref, het die eerste offisier op die toneel verantwoordelikheid geneem vir die toneel se veiligheid. Daar is al hoeveel gesprekke gevoer met die verskillende nooddienste in George oor die uitdraai na noodgevalle, maar nog steeds doen elkeen soos wat hy dink goed is."
Barnard het ook verwys na die nooddienste se motors wat die Victoriabaai- toegangspad toe geparkeer het. Een van die ambulanse was glo vir ‘n ruk hierdeur vasgekeer.
‘n Onstoke inwoner, Rod Hossack is nie tevrede dat die tydelike wetstoepassers (wat in geel T-hemde gekleed was) net waarnemer status gehad het nie. Tydens ‘n geselsie het hulle beken hulle sou dit nooit eers waag om enige wetsoortreders self te konfronteer nie omdat hulle nie daarvoor opgelei is nie. Tans is daar nie ‘n permanente teenwoordigheid van wetstoepassers nie, geen kantoor of wagkamer of kommunikasiegeriewe nie - iets wat onaanvaarbaar is, meen hy.
Hossack het ‘n lys van punte deurgestuur oor instandhouding van geriewe wat nagelaat is.
*Meeste van die lewensredders wat in diens geneem is deur die George-munisipaliteit is geregistreer by LifeSaving SA. ‘n Opleidingsessie is gehou vir diegene wat nie die jaarlikse LifeSaving SA toets afgelê het nie om sodoende hul opleiding op te knap, het Barnard gesê.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
- George Herald
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 12 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment