Wednesday 4 January 2012

Nog 'n Storm rig skade aan in Kwazulu Natal (3 Januarie 2012)


Image: Google Maps  (Click on image for larger view.)

Storms het chaos in nog 'n deel van KwaZulu-Natal veroorsaak. Sterk wind, swaar reen en hael het Mondlo in die noorde van die provinsie gekasty. Ontwortelde bome het op kraglyne geval en die gemeenskap sonder krag gelaat. Sowat 50 huis het inmekaar geval en ander se dakke is afgeruk. Die burgemeester van die Abaqulusi munisipaliteit, Patience Khaba, sê 'n opname van die skade word nog gedoen. Vyf mense is Nuwejaar op Msinga dood en vier word steeds vermis nadat 'n storm die Middeland getref het.

- RSG Nuus

SAWDOS:  Die SAWDOS het gistermiddag verskeie intydse Twitter boodskappe uitereik wat inwoners in Kwazulu Natal se aandag gevestig het op die intense en erge donderstorms.  Die boodskappe (3 Januarie 2012) is beskikbaar deur HIER te klik.

Die storms het in die Natalse Middelande ontwikkel en in intensiteit toegeneem. Teen 15h15 SAST was  goed ontwikkelde stelsels teenwoordig en het in 'n noordelike rigting beweeg.  Teen 15h26 SAST het die intensiteit en grootte van die storm toegeneem en was dit duidelik dat die storms skade kon aanrig.  

Teen 16h08 SAST was daar twee intense storms. Een in die Vryheid omgewing en die ander in die Nqutu area. Teen 15h41 SAST het die twee storms noordwaarts beweeg en die vermoede bestaan dat die storm toe vir Mondlo en omgewing getref het. Die volgende radar beeld toon die twee intense storms in die omgewing van Mondlo en Vryheid.


Radar - SAWS (Klik om te vergroot.)

SAWDOS wil weereens 'n beroep doen op die publiek om inligting, fotos en observasies van intense donderstorms na die SAWDOS te stuur. Alhoewel ons nie eiendom sal kan beskerm teen intense storms nie, kan on intyds inwoners van 'n area waarsku teen naderende donderstorms.

No comments:

Post a Comment