Thursday, 5 January 2012

Oudtshoorn: Storm laat 19 gesinne haweloos


Foto: Google Maps (Klik op foto om te vergroot.)

OUDTSHOORN NUUS - ‘n Geweldige wind, wat deur sommige inwoners as ’n mini-tornado beskryf is het op 26 Desember, binne tien minute, verwoesting in Dysselsdorp gesaai en 19 gesinne dakloos gelaat.

Die Oudtshoorn-munisipalitiet moes ingryp om die hawelose gesinne te help. Hulle is tydelik in die Dysselsdorp gemeenskapsaal gehuisves.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder het die munisipaliteit sowat 130 komberse en 50 matrasse aan die inwoners voorsien en is seile, pale en dakplate ook verskaf sodat strukture tydelik herstel kan word.

Volgens raadslid Hendrick Botha, wat die storm beleef het, het die wind skielik opgekom. " Ek het by vriende gaan kuier en het meteens net ‘n donker stofwolk oor die bult sien kom en ons was genoodsaak om skuiling in die huis te soek."

- Oudtshoorn

No comments:

Post a Comment