Thursday, 5 January 2012

Twee sterf toe Oos-Kaapse gebou ingee

Kaapstad – Twee mense is dood en nog twee het kritieke beserings opgedoen toe 'n ou gebou waar opknappingswerk aan die gang was, in die sentrale sakegebied van Ngcobo in die Oos-Kaap ineengestort het.

Die polisie sê die struktuur het meegegee terwyl mense langs die gebou verbygeloop het, het RSG berig.

'n Aantal mense het ligte beserings opgedoen.

Ondersoekbeamptes is intussen op die toneel ontplooi om te probeer vasstel wat die ineenstorting veroorsaak het.

- RSG/Nuus24

No comments:

Post a Comment