Tuesday 31 January 2012

Verwoestend Brand naby Wellington steeds buite beheer.

'n Verwoestende brand by Wellington in die Boland, hou 'n bedreiging in vir voetslaanpaaie en kampeerplekke in die Limiet-bergnatuurrreservaat naby die dorp. Vyf helikopters is ontplooi om water op die vlamme af te gooi. Die brand het reeds wingerde, houthuise van naweekgangers en fynbos verwoes. Die brand het 'n rukkie gelede naby die gewilde kampeerterrein - tweede tol - gewoed. Die hele reservaat is intussen ontruim. Brandbestryders spook intussen ook nog om 'n brand by Bainskloof-pas onder beheer te bering. Die vlamme is ook deur 'n sterk wind aangejaag, maar die bevelvoerder van die Wynland-brandweerstasie - Roystone Harris - sê die wind het intussen gaan lê. Hy waarsku dat hoewel toestande nou gunstig is om vure dood te slaan, die brand nog nie onder beheer is nie. Helikopters gooi ook water op die vlamme af. Geen huise is in die stadium in gevaar nie. Twee-duisend-600 hektaar plantegroei is sover vernietig.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment