MOSSELBAAI NUUS - Die afvuur van vuurwerke is sedert die promulgering van die Munisipaliteit se Verordening insake die Beheer van Vuurwerke in November 2009 in die Mosselbaaise munisipale gebied verbode, tensy skriftelike toestemming vooraf van die Mosselbaaise munisipaliteit verkry word. Geen sodanige toestemming is oor die afgelope vakansieseisoen deur die munisipaliteit verleen nie.
Só sê die munisipaliteit in ‘n nuusverklaring na aan leiding van klagtes oor die afvuur van vuurwerke, veral op Oujaarsnag.
Die munisipaliteit het ook tydens die feesseisoen openbare inligtingsveldtogte oor die verbod gevoer deur middel van ‘n nuusverklaring, radio-onderhoude en die uitdeel van duisende pamflette by SA Polisie-padblokkades sowel as by die karavaanparke by die Punt, Santos, De Bakke en Hartenbos. Die verbod is reeds ook voorheen by talle geleenthede bekendgemaak,
"Die munisipaliteit deel die publiek se besorgdheid oor die effek van vuurwerke op veral troeteldiere en ook die brandgevaar wat dit skep, en ons doen alles in ons vermoë om die afvuur van vuurwerke te verhoed, en oortreders aan te keer. Ongelukkig is dit nie moontlik vir munisipale personeel of die Polisie om op te tree as hulle nie die kwaaddoeners op heterdaad betrap nie. In die geval van vuurwerke is dit moeilik omdat die oortreders gewoonlik reeds weg is as die personeel of Polisie van ander plekke in die dorp af moet kom.
"Dit is veral moeilik op ‘n Oujaarsaand omdat munisipale veiligheidspersoneel en die SA Polisie hul hande vol het met skare- en verkeersbeheer by strande en ander kuierplekke. Soos almal weet, lok Mosselbaai duisende vakansiegangers gedurende die feesseisoen. Die munisipale distrik is 2007 vierkante kilometer groot, en dit is eenvoudig nie moontlik om betyds by alle klagtes oor die afvuur van vuurwerke uit te kom nie.
"Dit is wel moontlik om teen oortreders op te tree as lede van die publiek bereid is om ‘n klagte by die SA Polisie te gaan lê, of bereid is om ‘n beëdigde verklaring af te lê wanneer hulle die afvuur van vuurwerke eerstehands beleef. Ongelukkig is min mense bereid om dit te doen," sê die munisipale bestuurder, dr Michele Gratz.
Dr Gratz het gesê die munisipaliteit is nie by magte om die verkoop van vuurwerke te verbied nie. Dit is in elk geval te betwyfel of dit sal help as so ‘n verbod net in Mosselbaai geld, en nie ook op ander plekke nie. Dit is ook waarskynlik dat baie mense die vuurwerke elders koop, en dan saam met hulle na Mosselbaai bring, het sy gesê.
- Mosselbaai Advertiser
SAWDOS - Nou waarom word die artikel hier geplaas. Die artikel is uiters relevant siende dat verskeie brande in die velede in die Mosselbaai distrik ontstaan net as gevolg van die afvuur van vuurwerke. Met duisende mense wat vakansie hou in Mosselbaai is daar altyd die risiko van 'n ramp wat kan ontstaan wanneer brande onstaan.
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 19 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment