Tuesday 14 February 2012

Intydse Weerwaarneming: Sikloon Giovanna, Madagaskar (13 February 2012)

SAWDOS: Dankie aan Julius en Jacques wat vir die SAWDOS insae gee oor die toestande voor die sikloon oor die land beweeg het. Ons vertrou dat Jacques veilig is in Madagaskar en hoop om binnekort meer inligting en fotos van hom af te bekom.

Hallo Julius


Dit is nou 18:49 en ek sit baie veilig in my hotel , Derek is die persoon wat die foto's neem ons gaan die oog 03:00 more oggend kry dus die heeltyd donker. Sal foto's more oggend aanstuur wat die mense geneem het. Op die oomblik het die wind sterk begin waai van die land af na die kus toe ek neem aan soos hy oorbeweeg behoort ons more oggend die wind van die see af na die kus toe te sien waai. Die aanleg is ontwerp vir 275 km/hr.


Ek weet nie wat om te verwag tussen 12 en 6 nie - maar die een persoon het gese in 1994 het 'n soortgelyke sikloon ontstaan en het dit wel lewens geeis -


Jacques

Hi Jacques

Ek stel belang in die wolk structure en dan die wind/stormskade asook die golwe se hoogte soos dit erger raak. Julle moet veilig wees dit gaan nie n aangename ervaring wees nie ek sien die wind gusts gaan net onder 280kmh wees.

Hoe gaan dit daar? Kan jy asb vir my meer fotos neem soos die sikloon inkom.

Julius


Hallo


Saterdag was die sikloon se windspoed 185 km/hr
Sondag 205 km/hr
Vandag 250 km/hr


Moes seker maak die tanks is vol water anders waai dit weg, die aanleg is ontwerp vir winde van 275 km/hr en dit lyk of ons dit teen 16:00 vanmidaag sal ervaar


Jacques

No comments:

Post a Comment