Monday, 6 February 2012

Man verdrink tydens visvanguitstappie

Johannesburg – ‘n Man het gesterf nadat hy in die water geval het terwyl hy visgevang het by die Umdloti-noord-strand aan die kus van KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.

Die man (20) was saam met ‘n vriend op ‘n visvanguitstappie toe ‘n groot vis aan een van hul hoeke gebyt het, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die man wou die lyn gryp, maar het in die water geval en is meegesleur.

Die vriend het ingeduik om hom te help, maar het ook in die moeilikheid beland in die water.

‘n Verbyganger het hul albei uit die water getrek en die 20-jarige man probeer bybring. Paramedici het ook gearriveer en die man probeer bybring, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Sy vriend is nie beseer nie.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment