Wednesday 29 February 2012

Oudtshoorn Brand net betyds gekeer

OUDTSHOORN NUUS - Die vinnige optrede van die brandweer het Sondag (26 Februarie) verhoed dat 'n veldbrand buite beheer raak en groot skade aanrig.

Die brand het Sondag omstreeks 12:45 op die plaas van Larry Markus uitgebreek. Dit blyk dat 'n groep kinders die brand veroorsaak het terwyl hulle vuur gemaak het om 'n swerm bye uit te rook en die heuning uit te haal.

Volgens nooddienspersoneel wat op die toneel was het die vuur baie vinnig versprei en was daar gevaar dat twee skure naby die brand ook kon vlamvat. Die skure is vol lusernbale en plaasimplimente. Daar is ook 'n aantal arbeidershuise op die stuk grond waar die vuur uitgebreek het.

Die brandweersdienste waarsku dat die droƫ warm weer en gepaardgaande winde groot gevaar vir brande inhou en maan die publiek om uiters versigtig te wees met oop vure.

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment