Sunday 12 February 2012

SAID-gebou in ligte laaie

Foto: (Bruce Ryan, Nuus24-gebruiker)

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se gebou in Mt Edgecomb naby Umhlanga, KwaZulu-Natal, is in ligte laaie, berig verskeie Nuus24-gebruikers.

Alle paaie wat na die gebou lei is afgesper.

Umhlanga se brandweer het kort na 17:00 op oproepe gereageer en die brand onder beheer gebring. Brandbestryders is volgens die beheerkamer steeds op die toneel, waar hulle die situasie dophou.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die boonste verdieping van die gebou is deur die brand vernietig.


- Nuus24

No comments:

Post a Comment