Friday, 24 February 2012

Wind dop Cessnas op rug (22 Februarie 2012)

 Foto: ’n Cessna-vliegtuig wat eergister op die Grand Central-lughawe in Midrand deur ’n rukwind omgedop is. Foto: Felix Dlangamandla

Hyskrane gaan vandag by die Grand Central-lughawe in Midrand ingespan word om twee Cessna-vliegtuie wat Woensdag deur erge stormwinde op hul rug gekeer is, regop te draai.

Dié vliegtuie – onderskeidelik die eiendom van Flight Training Services en High Flyers Aviation – het Woensdag erge skade opgedoen toe drie rukwinde die lughawe getref het.

’n Derde vliegtuig is beskadig toe ’n vliegtuig-loods se deur afgeruk is en daarop geval het.

Vier ander vliegtuie het minder ernstige skade opgedoen.

Mnr. Eric Venter, eienaar van High Flyers, het gesê hy raam die skade aan sy vliegtuig alleen op sowat R700 000.

Volgens mnr. Gary Renault, hoofbestuurder by die lughawe, was die rukwinde so sterk dat dit ook sewe bome in New Road omgewaai het.

Renault het gesê dat die lughawe gister weer ten volle operasioneel was en dat helikopter-vlugte al 06:00 hervat het.

Die restaurant Maxi’s The Bridge by die Caltex Star-vulstasie langs die N1-snelweg in Midrand is ook eergister laatnag deur ’n rukwind beskadig.

Me. Madelain Roscher van PR Worx het namens Maxi’s gesê ’n erge wind het veroorsaak dat die koeëlvaste vensters in die dak gekraak het. Die vensters by die restaurant se sitplekke het selfs gebreek.

Die dak het ook op dele erge skade opgedoen.

Roscher het gesê daar was mense in die eetplek terwyl die wind chaos gesaai het, maar niemand is beseer nie.

“Hierdie is ’n baie bekende Maxi’s-restaurant en daar word daaraan gewerk om dit so vinnig moontlik weer oop te kry,” het Roscher gesê.

Die eetplek is tydelik gesluit. Dit is nog nie bekend wanneer dit weer sal oop wees nie, maar die herstelwerk het reeds begin.


Foto: Maxi’s The Bridge nadat ’n rukwind dit eergisteraand beetgekry het.

- Beeld

Small planes damaged by winds in Midrand

Johannesburg - Seven small planes have been damaged by strong winds at Midrand's Grand Central Airport, Beeld reported.

Cranes would be used on Friday to lift and turn two Cessnas that flipped over when wind gusted through the airport, according to the newspaper.

The pilot's door of a third plane was torn off and landed on the aircraft's roof in the wind on Wednesday. Four other planes were less seriously damaged.

The Cessnas were the property of Flight Training Services and High Flyers Aviation.

High Flyers owner Eric Venter said the damage to his plane was estimated at R700 000.

Airport manager Gary Renault told Beeld the wind was so strong it uprooted seven trees in New Road, Midrand.

He said the airport was fully operational and that business was proceeding as usual.


- SAPA/News24

No comments:

Post a Comment