Tuesday 13 March 2012

Vier dood, drie vermis ná vloede in Durban

Durban – Vier mense is dood en drie ander word vermis ná vloede in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

“Ons kan bevestig dat vier mense se lyke in Inanda en Verulam gevind is,” het kapt. Thulani Zwane gesê.

Drie mense is as vermis aangemeld ná swaar reën en vloede wat verlede week deur die tropiese storm Irina veroorsaak is.

Hy kon nie verdere besonderhede gee nie en het alle vrae na die KwaZulu-Natal se departement van samewerkende regering en tradi­sionele sake verwys.

Lennox Mabaso, woordvoerder, kon nie sê hoeveel mense dood of vermis is nie.



- SAPA/Nuus24

1 comment:

  1. Hey friends,
    I loved all of these posts. A lot of these things we have, but I got some really great ideas.

    Sports betting

    ReplyDelete