Arno Cloete staan hier by een van die sonvisse wat verlede week deur die NSRI gered en in dieper water vrygelaat is. Sonvisse kom net in die diepsee voor.
MOSSELBAAI NUUS - Rare besoekers het verlede Donderdag om 15:00 hul opwagting in Mosselbaai gemaak.
By die strandjie by die NSRI het tientalle Ranzania laevis (Slender mola), oftewel sonvisse, uitgespoel.
Anders as ander sonvisse, is hierdie spesie die meer kleurvolle weergawe en word hulle nooit so groot soos hul eweknië nie. Hulle is ook van dié raarste van die diepsee sonvisse.
Die Slender mola het 'n gladde vel en vertikaal gerigte mond. In Poliniesië word na hierdie pragtige visse verwys as die "Koning van die Makriele".
Volgens oorlewering is dit veral slegte geluk om een van hierdie visse te vang en nie onmiddellik terug te plaas in die water nie.
Min mense is daarvan bewus dat die sonvis, oftewel Mola, die verkleurmannetjie van die see is, en dat hulle van kleur verander veral wanneer hulle stres ervaar soos wanneer hulle deur roofvisse gejag word. Hulle kan binne oomblikke van lig na donker verander om van hul aanvallers te ontsnap.
- Mossel Bay Advertiser
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Wednesday, 25 April 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment