Wednesday 9 May 2012

Bloudruppel-status vir George se water

GEORGE NUUSFLITS - Die George-munisipaliteit is vanjaar wéér een van die top tien munisipaliteite in die gesogte nasionale Bloudruppel-toekennings.

Die aankondiging is Maandagaand deur die Minister van Waterwese, Edna Molewa tydens 'n gala geleentheid in Kaapstad gemaak. Molewa het beklemtoon dat dit 'n buitengewone prestasie vereis om die Bloudruppel-standaard te behaal en dié munisipaliteite in haar toespraak geloof.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat hierdie beoordeling gehou word en George het nog elke jaar onder die top tien geëindig. Alhoewel George van 'n sewende plek in 2011 na 'n tiende plek geskuif het, het sy watergehalte volgens die beoordelaars van 96,26% in 2011 na 97,41% verbeter.

- George Herald

No comments:

Post a Comment