Londen – Daar is tans 21 gevalle en 19 moontlike gevalle van legioensiekte in Skotland, het die land se minister van gesondheid, Nicola Sturgeon, bevestig.
Die minister het op ‘n mediakonferensie gepraat nadat die siekte Dinsdag ‘n man se lewe geëis het.
Sky News berig 12 van die 21 lyers is in intensiewe sorg. Twee pasiënte is ontslaan en die ander word in hospitale of deur hul gemeenskappe behandel.
Sturgeon het benadruk dat die risiko van die siekte baie laag vir die algemene publiek is.
Die meerderheid van die gevalle word geografies aan die Dalry-, Gorgie- en Saughton-gebiede in die suidweste van Edinburgh gekoppel.
Tientalle industriële watertorings word op verskeie terreine ondersoek om die sien of hulle die oorsaak van die uitbreking is.
Legioensiekte word opgedoen wanneer ‘n mens klein druppels besmette water inasem.
- Nuus24
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 7 June 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment