Thursday, 7 June 2012

Legioensiekte: 21 gevalle in Skotland bevestig

Londen – Daar is tans 21 gevalle en 19 moontlike gevalle van legioensiekte in Skotland, het die land se minister van gesondheid, Nicola Sturgeon, bevestig.

Die minister het op ‘n mediakonferensie gepraat nadat die siekte Dinsdag ‘n man se lewe geëis het.

Sky News berig 12 van die 21 lyers is in intensiewe sorg. Twee pasiënte is ontslaan en die ander word in hospitale of deur hul gemeenskappe behandel.

Sturgeon het benadruk dat die risiko van die siekte baie laag vir die algemene publiek is.

Die meerderheid van die gevalle word geografies aan die Dalry-, Gorgie- en Saughton-gebiede in die suidweste van Edinburgh gekoppel.

Tientalle industriële watertorings word op verskeie terreine ondersoek om die sien of hulle die oorsaak van die uitbreking is.

Legioensiekte word opgedoen wanneer ‘n mens klein druppels besmette water inasem.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment