Thursday 28 June 2012

Oudtshoorn Nooddienste kry vals noodoproepe

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Dit blyk dat plaaslike nooddienste vroeg gisteroggend en weer later die aand die teiken was van vals noodoproepe.

Gisteraand is noodvoertuie ontbied na `n klaarblyklike ongelukstoneel by Meiringspoort waar 16 mense in 'n taxi glo beseer is.

Vroeër die oggend is verskeie noodvoertuie asook `n noodhelikopter ontbied na `n beweerde kop-aan-kop botsing op die Kango-grotte pad.

Twee noodvoertuie, twee ambulanse asook `n noodhelikopter het die pad tot en met die Kango-grotte gepatrolleer maar kon geen teken van `n ongeluk vind nie. Beide oproepe was egter vals alarms.

SAWDOS: Die onverantwoordelike optrede word sterk veroordeel en moet swaar strawwe opgelê word by skudigbevinding ten einde voornemende oortreders af te skrik. Diegene wat vals oproepe maak kan die lewens van ander wat die dienste van noodpersoneel verlang in gevaar stel. Bo en behalwe die feit dat noodpersoneel mislei en kosbare tyd verlore gaan, word duisende rande vermors wanneer noodvoertuie onnodig uitgestuur word. Helikopters kos letterlik duisende rande om in die lug te hou.

Die publiek word gevra om behulpsaam te wees om die persone wat vals oproepe na die nooddienste maak vas te trek. Inligting kan aan enige polisiestasie verskaf word.

No comments:

Post a Comment