Saturday, 9 June 2012

Tien maande oue baba verdrink in bad

Johannesburg – 'n Tien maande oue baba het in 'n bad in Biesiesvlei verdrink, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.

Volgens sers. Philani Nkwalase was die familie Dinsdag besig om televisie te kyk toe hulle agterkom dat die baba nie meer in die sitkamer speel nie.

"Die ma van die kind het vroeër in een van die kamers in die bad gewas. Toe sy klaar gewas het, het sy die vloer gemop en die bad op die grond gelos," het Nkwalase gesê.'

Die baba is na die hospitaal gehaas maar is met haar aankoms dood verklaar.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment