Adri Jordaan, die meisie wat deur ’n venster van haar brandende ouerhuis gered is, is gistermiddag in die hospitaal oorlede.
Sy is die vierde slagoffer van die naweek se dodelike brand in Kocksoord, Randfontein. Adri sou volgende maand 15 geword het.
“Ek het nou my derde meisiekind verloor,” het haar pa, Jaco Jordaan, gister in sy werkwinkel gesê. Sy seun, Jacques (3), het om sy bene gespeel.
Jaco se dogters Salome (11) en Tanja (5), asook Armand (2), sy eksvrou Nicolene en haar man, Tommy, se seun, is dood toe die huis wat hulle gedeel het Sondagoggend afgebrand het.
Die Wes-Randse distriksmunisipaliteit (WRDM) het dié week erken daar was te min toegang tot water in die gebied om die vlamme te blus, wat die brandbestryders genoodsaak het om hulle tenks by die plaaslike Spar te gaan hervul.
Jordaan het Sondagoggend met Adri hospitaal toe gejaag toe hy besef hy kon niks verder vir die ander kinders doen nie.
Adri se toestand was kritiek met 87% brandwonde.
Volgens hom en ander ooggetuies het dit lank geduur voordat die nooddienste opgedaag het.
Jordaan het Maandag vertel hoe hy en sy vrou elke aand vir hulle kitskos gaan koop het nadat die munisipaliteit sowat twee weke gelede hul kragboks verwyder het.
Volgens Jordaan het Nicolene en Tommy Dickson, met hul dogter Tanja en babaseun Thomas, sowat ’n jaar gelede by hulle ingetrek.
Jordaan het Sondag omstreeks 01:00 opgestaan “asof iets my wakker gemaak het” en besef ’n kers brand nog in Adri se slaapkamer.
Hy het dié kers doodgeblaas, maar die meisies het glo later die nag nog ’n kers aangesteek wat omgeval en die brand begin het.
Jordaan wil die munisipaliteit hof toe neem oor sy kinders se dood, “want anders gebeur presies dieselfde ding volgende keer met iemand anders se familie”.
- Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 7 June 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment