Monday, 16 July 2012

316 oor naweek na veiligheid gebring

EDEN DISTRIK NUUS - Die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert, asook die Prins Alfredpas tussen Avontuur en Knysna is steeds gesluit na die afgelope naweek se sneeu en swaar reënval.

Gerhard Otto, hoof van die Eden-rampbestuur het vanoggend gesê 316 mense is die afgelope naweek deur reddingswerkers na veilgheid, wat gemeenskapsale insluit, gebring.

Hy het gesê die meeste van hulle is reeds terug na hul huise.

In Melkhoutfontein, Stilbaai is die eerste mense na veiligheid gebring waarna Oudtshoorn (Rose Valley) en Van Wyksdorp gevolg het. Een man is dood na hy gister op Uniondale verkluim het.

Rampbestuur en polisieduikers is steeds op soek na 'n vermiste 28-jarige vrou wat gister vermoedelik in die bo-lope van die Keerboomsrivier in De Vlugt, Oskraal vermis geraak het.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment