’n ENKELMA en haar tienerdogter is weens rookinaseming en ligte brandwonde in die hoësorgeenheid van die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein ná ’n brand wat hul huurwoonstel in puin gelê en groot skade in die woonstelblok aangerig het.
Antigone Vorster (40), ’n administrasie-beampte van die Universiteit van die Vrystaat se eenheid vir studente met gestremdhede, en haar dogter, Bronté (17), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Fichardtpark, het baie rook ingeasem en het ligte brandwonde opgedoen in die brand gisteroggend in hul woonstel in die Soete Inval-woonstelblok in Parkweg.
Bronté se boesemvriendin wat by haar gekuier het, Clarina Vorster (18), is vir rookinaseming en skok in die Mediclinic Bloemfontein behandel.
Clarina sê die brand het kort voor 06:00 in die sitkamer uitgebreek. Sy en Bronté het nog op die rusbanke gelê en slaap.
“Ek het eerste wakker geword. Toe ek die vuur sien, het ek gegil. Bronté het haar ma gaan wakker maak.”
Hulle het die vlamme vergeefs probeer blus.
Clarina sê hulle het uit die woonstel gevlug toe hulle besef hulle gaan in die swart rookwolke versmoor.
Hulle het slegs ’n paar goed gegryp.
Buite het Bronté egter gesê sy wil teruggaan. Sy wou haar selfoon kry. “Ek het probeer keer, maar toe ek weer sien, is sy kaalvoet weer daar in. Haar ma is agter haar aan.”
Albei het ternouernood aan die dood ontkom.
Bronté het op haar knieë uitgekruip.
“Ons het Bronté na onder gedra. Sy het bly sê: ‘My ma het alles verloor! My ma het niks meer oor nie!’”
Bure is gewaarsku om ook hul woonstelle te ontruim.
Die Mangaung-metro se brandweer-en-reddingsdiens is ontbied.
Vyf woonstelle is beskadig.
Die Vorsters se woonstel, in die middel van die verdieping, het uitgebrand, asook ’n groot gedeelte van die woonstel langsaan.
Braam van Zyl, afdelingsoffisier van die brandweer, sê die brand het na weerskante deur die dak versprei. Van die geisers het gebars.
George Müller van National Real Estate (NRE), wat die gebou bestuur, sê die hele dak aan die een kant van die boonste verdieping sal vervang moet word.
Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Friday, 13 July 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment