Tuesday 31 July 2012

Dit gons oor die ‘aardbewing’ in Bloemfontein

SOSIALE netwerke het gisteraand laat gegons nadat Bloemfontein iets ervaar het wat soos ’n ligte aardskudding gevoel het.

Talle inwoners in en om die stad het gisteraand byna onmiddellik laat weet dat hulle trillings gevoel het.

Dele waar die skudding gevoel is, sluit in: Westdene, Langenhovenpark, Bainsvlei, Universitas, Pellissier, Fichardtpark, Ooseinde, Dan Pienaar, Gardeniapark, Pentagonpark, Navalsig, Fleurdal, Bayswater en Fase6.

Omliggende dele waar inwoners ook die kort skudding gevoel het, sluit in: Edenburg, Reddersburg, Aliwal-Noord en Fauresmith.

“Dis nie die eerste keer nie! ’n Mens dink snaakse goed as jou ruite so ratel...” het Tim Taylor op Volksblad se Facebook-blad geskryf.

“Navalsig het dit ook gevoel! Die huis se dak het tot begin kreun, ek het oor die radio gehoor dat mense in Bainsvlei dit ook gevoel het,” het Marcel De Beer geskryf.

“Albei kar-alarms het afgegaan,” het Justin van Wyk laat weet.

Frans Sebastiaan het met Twitter laat weet: “@volksbladnuus ek is in Jacobsdal en die vensters het ook geskud? Het gedink die wind waai net sterk, maar geen wind buite.”

Jacques Joubert van Bloemfontein het op Twitter gesê “@volksbladnuus (Is dit die) Stormers wat terug aarde toe gekom het?”

- Volkblad


Lesers sê oor die 'aardbewing'

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Dit-gons-oor-die-aardbewing-in-Bloemfontein-20120730

No comments:

Post a Comment