KAAPSTAD. – Daar is nog geen einde in sig van die koue, nat weer wat die Kaap teister nie en wydverspreide sneeu word vir die naweek voorspel.
Baie koue temperature, swaar reënval en sneeu in hoogliggende gebiede word vir vannag reeds in dele van die Wes- en Noord-Kaap voorspel, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gistermiddag gewaarsku.
Teen môre word swaar reën met die moontlikheid van vloede in die Suid-Kaap voorspel.
Na verwagting sal maksimum temperature in die binneland van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap teen môre onder 11°C bly.
Sneeu sal volgens voorspellings oor die naweek wydverspreid in die Wes-, Noord- en Oos-Kaapse binneland val, ook in gebiede waar sneeu lank gelede of selfs nog nooit geval het nie.
Teen Saterdag sal sneeu swaar in die noordoostelike dele van die Wes-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en noordelike dele van die Oos-Kaap en Lesotho val.
Dié uiterste weersomstandighede word veroorsaak deur ’n afsny-laagdruksel en kouefront wat die naweek oor die land beweeg.
)Volgens reënvalsyfers van die afgelope tien dae het soveel as 206mm reën sedert 1 Julie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin geval, waarvan 74mm die afgelope Sondag gemeet is. Wellington en die Paarl het ook Sondag sowat die helfte van die afgelope tien dae se reën (onderskeidelik 38mm uit ’n totaal van 78mm en 54mm uit ’n totaal van 96mm), gekry.
- Die Burger
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 12 July 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment