Friday, 13 July 2012

Opvolg: Tiener steeds vermis in Mosselbaai


MOSSELBAAI NUUS - Die 13-jarige seun wat gister vermoedelik verdrink het, word steeds vermis.

Marcus Chirombo het net na 14:00 in die vlak branders van De Bakkestrand in Mosselbaai gespeel.

Volgens ‘n ooggetuie het ‘n brander hom omgeslaan en het hy nie weer bokant die wateroppervlak verskyn nie.

Die NSRI, asook Polisie Duikeenheid, het gesoek na die vermiste seun totdat die soektog afgelas is vanwee die slegte weersomstandighede.

'n Soektog deur die SK Polisie Duikeenheid is vanoggend voortgesit.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment