Saturday, 18 August 2012

Sewejarige se lyk in rivier gevind

Kaapstad – Die lyk van 'n sewejarige seun wat waarskynlik verdrink het is Vrydag in 'n rivier in Kaapstad gevind, het die Wes-Kaapse nooddienste gesê.

Keri Davids, 'n woordvoerder vir die nooddienste, het gesê die lyk is om 10:45 in die Swartrivier in Athlone gevind.

Die seun het glo Woensdag langs die Elsieskraalrivier gespeel toe hy gegly en in die rivier geval het. Hy is deur die sterk stroom meegesleur.

Helikopters is gebruik om sy lyk op te spoor.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment