Sunday 30 September 2012

Veldbrande kwel Vrystaat

Bloemfontein – Drie mense het reeds vanjaar in veldbrand-verwante voorvalle in die Vrystaat gesterf.

Malcolm Procter van die provinsiale departement van landbou sê 'n plaaswerker van die Warden-distrik het verlede week in 'n hospitaal gesterf nadat hy sowat 'n maand gelede in 'n brand in die distrik beseer is.

OFM berig 'n vrou het in 'n motorongeluk gesterf toe rook van beweerde onwettige voorbrande by 'n landgoed in die Ficksburg-distrik oor die pad gewaai het en haar sig versper het.

Elders het 'n man midde-in 'n vuurslanery op 'n plaas aan 'n hartaanval beswyk.

Procter sê 95% van alle wegholbrande word veroorsaak deur mense se nalatigheid. Hy meen dit het ernstige gevolge, veral in winderige maande.

Hy sê in die mees onlangse veldbrand het 10 000 ha landbougrond in Warden afgebrand.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment