Sunday, 16 September 2012

Verskeie huise in St Francisbaai beskadig.


Verskeie huise in St Francisbaai in die Oos-Kaap is beskadig en strate is onbegaanbaar ná 'n wal van 'n natuurlike dam gebreek het. Die fratsongeluk is grootliks veroorsaak deur swaar reën in die winter wat die grond deurnat gelaat het. Die woordvoerder van die Kouga munisipaliteit, Laura-Lee Randall sê die water het deur 'n woongebied na die see gestroom. Munisipale werkers doen nood-herstelwerk aan die strate.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment