Friday 19 October 2012

Brand saai verwoesting by Polokwane hof

Johannesburg – 'n Groot brand het Vrydagoggend in die landdroshof in Polokwane uitgebreek en 'n groot gedeelte van die gebou het intussen inmekaargetuimel, het Beeld berig.

Noodwerkers het mense uit die gebou ontruim. maar gevangenes was teen 10:00 nog in die selle.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar dit het volgens berigte in die landdros-kantore ontstaan.

Die dagblad berig paaie rondom die gebou is afgesper.

Baie mense word op die toneel weens rookinaseming behandel. Dit is nog nie bekend of enige mense ernstig beseer is nie.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment