Tuesday 16 October 2012

Brandweer akademie vir Eden

SUID-KAAP SAKE NUUS - Daar word hard gewerk aan 'n volwaardige Brandweer Akademie op Mosselbaai, wat internasionaal-erkende kwalifikasies vir brandweerpersoneel in die Eden Distrik sal kan aanbied.

Gesprekke met die SAQA (South African Qualifications Authority) en PetroSA vorder goed en 'n perseel is reeds geïdentifiseer.

Mnr. Gerhard Otto van die Eden Distriksmunisipaliteit berig dat mnr. Lester Smit, die hoof van brandweerdienste van die Eden Distriksmunisipaliteit, opdrag gegee is om die Brandweer akademie op Mosselbaai te vestig.

Dit sal die enigste brandweer akademie tussen Port Elisabeth en Kaapstad wees en die plaaslike owerhede van veral die Suid-Kaap bedien.

- George Herald

No comments:

Post a Comment