Monday 1 October 2012

Glentana: Fietsryer (82) val van krans af

GROOT-BRAK RIVIER NUUSFLITS - ‘n 85-jarige inwoner van Glentana het gister laatmiddag met sy fiets by ‘n uitkykpunt in Groot-Brakrivier van ‘n krans geval nadat sy fiets se remme meegegee het.

Die SAPD Groot-Brakrivier is tans op die toneel en wag vir ‘n helikoper om die man na ‘n hospitaal te vervoer.

Die man leef maar het blykbaar ernstige beserings opgedoen.

Dit is nog nie bekend na watter hospitaal hy vervoer gaan word nie.

Meer inligting volg soos dit bekend is.

- Mosselbaai Advertiser

No comments:

Post a Comment