Friday 12 October 2012

Honde probeer kind uit swembad red

Johannesburg – Honde het tevergeefs probeer om ‘n tweejarige dogertjie te red toe sy in ‘n swembad in Pietermaritzburg geval het, het paramedici Vrydag gesê.

“In hul desperate pogings om die kind te probeer red het hulle die dogtertjie se arm erg verskeur,” het Chris Botha, Netcare 911 se woordvoerder, gesê.

Bure sê die kind het op die rand van die swembad gelê nadat die honde haar uit die swembad getrek het.

Paramedici sê dat die kind op die toneel dood is.

Geen verdere inligting was onmiddelik beskikbaar nie.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment