Monday 29 October 2012

Swaar reën in Johannesburg

Johannesburg – Swaar reënbuie, oorstromings en haelstorms het Saterdagaand die meeste dele van die Goudstad getref, het die stad se nooddienste gesê.

Robert Mulaudzi van die stad se EMS sê die New Canada-brug het oorstroom. Eastgate Mall het ook skade weens hael opgedoen.

Mulaudzi sê die situasie word gemonitor en nooddienswerkers is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas.


- SAPA/NUUS24

No comments:

Post a Comment