Friday 19 October 2012

Swaar reën lei tot polisieman se dood

Johannesburg – ‘n Polisiebeampte en twee ander mense het verdrink toe hul motor in swaar reën in Peddie meegesleur is, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Maj. Ernest Sigobe sê die polisiebeampte en twee van sy vriende het Woensdagaand oor die Cebula-brug gery toe hul motor meegesleur is.

Reddingswerkers het die drie lyke Donderdagoggend gevind.

“Sy kollegas was bekommerd toe hy nie vir werk opgedaag het nie... en het later sy voertuig in die rivier gesien.”


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment