Wednesday 31 October 2012

Weerlig slaan twee kinders dood

Durban – Twee leerders is dood ná hulle in Ndwedwe, noord van Durban in KwaZulu-Natal, deur weerlig doodgeslaan is, het 'n amptenaar Dinsdag gesê.

Vernon Mchunu, woordvoerder vir die departement van samewerkende regering, het gesê die leerders was van dieselfde familie.

Die weerlig het 'n Graad 12- en 'n Graad 4-leerder Maandagaand gedurende 'n donderstorm doodgeslaan.

"Ons is hartseer om van die insident uit te vind. Moeder Natuur het weer 'n donker skadu oor ons gegooi," het Nomusa Dube, LUR vir samewerkende regering, gesê.

Dube het haar medelye met die familie betuig.

- NUUS24

No comments:

Post a Comment