Thursday, 8 November 2012

Fotos: Haelstorm in Polokwane 07 November 2012

Haelimpakete naby parkie

Inspekteur nuwe dreinerings

Oggend na die haelstorm


Fred Calitz skryf: Hier is so ‘n paar foto’s van gisteraand se haelstorm hier in Polokwane. Ek het lanklaas so ‘n intense elektriese storm beleef! Daar was ten minste drie stormselle wat deur die loop van die aand en nag oor die stad gespoel het, met ‘n totale reënval van tussen 28 en 34mm. Klink vir my die storm was erger in die middestad as hier in die ‘burbs! Hier by my het ertjie- en albastergrootte-haelkorrels geval, maar ek hoor berigte van tot golfbalgrootte korrels in die weste van die stad wat redelik skade aan tuine en voertuie aangerig het. Dis was vanoggend aardig om impakmerke in ‘n modderpoel hier in ‘n parkie naby Oosskool te sien.


No comments:

Post a Comment