Saturday, 24 November 2012

Lyke in helikopterwrak ná nege jaar gevind

Wellington – Twee lyke is gevind in 'n wrak van 'n helikopter wat byna nege jaar gelede neergestort het, het die polisie in Nieu-Seeland Vrydag gesê.

Die lyke is dié van 'n Britse toeris en 'n Nieu-Seelandse vlieënier.

Insittendes van 'n ander helikopter wat Woensdag oor die bergagtige gebied gevlieg het, het die wrak van die helikopter in die Fiordland nasionale park op die Suid-Eiland gesien.

Die polisie het later bevestig dat die helikopter 'n Hughes 500 is wat in Januarie 2004 vermis geraak het toe die 28-jarige Hannah Timings en die plaaslike vlieënier Campbell Montgomerie (27) die gebied besigtig het.

'n Grootskaalse soektog na die helikopter is destyds van stapel gestuur, maar die soektog het niks opgelewer nie.

Die polisie het gesê die saak is na die lykskouer verwys, wat DNS sal gebruik om die identiteite van die lyke vas te stel.


- AFP/NUUS24

No comments:

Post a Comment