Thursday 8 November 2012

VIDEO: Hael aan Oos-Rand; hewige donderstorms

Johannesburg. - Dele van die Oos-Rand het laat Donderdagoggend onder 'n hewige haelstorm deurgeloop.

Haelkorrels het in 'n dik laag op en langs van die paaie in onder meer Benoni gelê.

Intussen is berigte ook ontvang van erge hael in die Krugersdorp-omgewing en in die suid-weste van Johannesburg.

Dit was ook swaar bewolk oor dele van Johannesburg, waar dit omstreeks 12:30 hewig begin reën het.

'n Leser het getwiet dat Middelburg Donderdagmiddag die derde keer in vier ure onder 'n haelstorm deurloop.

Die SA Weerdiens het vroeër hewige donderstorms vir Donderdag oor Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die Mpumalanga-hoëveld en die Oos-Vrystaat voorspel.

- Redaksie: Sapa/Volksblad


No comments:

Post a Comment