Saturday 29 December 2012

Opvolg Veldbrande - Hermanus en Albertinia 18h00 29 Desember 2012

Die Overstrand munisipalitet sê hulle is nog besig om die skade te beraam nadat 'n brand by Hermanus in die nabygeleë Fernkloofberge buite beheer geraak het. Tot dusver is minstens 10 houtkamers langs die riviermond van die Kleinrivier totaal vernietig. Die brand het vier kraglyne af gebrand wat beteken dat daar nie kragtoevoer na dele van Gansbaai en Stanford is nie. Die burgemeester van die Overstrand, Nicolette Botha-Guthrie sê die brand het eiendom by Voëlklip in Hermanus bedreig. Brandbestryders het vanmiddag nog gesukkel om die brand aan die kant van Stanford onder beheer te bring.

Hoë temperature en sterk wind het tot gevolg dat die bosbrand op Albertinia in die Suid-Kaap opgevlam het. Die N2 in die gebied moes weer weens swak sig gesluit word. Die woordvoerder van rampbestuur in die Edendistrik, Wouter Kriel, sê brandbestryders spook ook met brande op Riversdale en Heidelberg.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment