Monday 21 January 2013

Nagenoeg 'n duisend mense is steeds in vloedwater vasgekeer in die Musina-gebied in Limpopo


10H00 SAST - Nagenoeg 'n duisend mense is steeds in vloedwater vasgekeer in die Musina-gebied in Limpopo. Onder die vasgekeerdes is sowat 20 Weermaglede wat patrolliewerk by die Beitbrug-grenspos doen. 'n Woordvoerder vir die munisipaliteit, Wilson Dzebu, sĂȘ mense is ook vasgekeer op dakke en in bome. Intussen word dienslewering ontwrig te midde van kragonderbrekings in regeringskantore en winkels op Musina. Volgens berigte is die kragonderbrekings weens skade aan die infrastruktuur. Die verdrinking van vier mense wat deur vloedwater naby die Beitbruggrenspos meegesleur is, is intussen nog nie amptelik deur die owerhede bevestig nie. 'n Vergadering daaroor is tans aan die gang.

- RSG NUUS

No comments:

Post a Comment