Wednesday 30 January 2013

Ramp dreig in Kaapse Wynland-distrik

Kaapstad – Brande wat deur die Kaapse Wynland-distrik versprei, het vrese van 'n ekologiese ramp laat ontstaan, is Woensdag berig.

Owerhede het R1 miljoen bestee om brande in die Wemmershoek-berge naby Franschhoek te bestry, het die Cape Times berig.

"Die meeste van die veld in die gebied is tussen agt en 12 jaar oud. Dit moet minstens elke 17 jaar om te regenereer," het Deon Rossouw, bedryfsbestuurder van Werk met Vuur, gesê.

"Die brand sal waarskynlik die meeste van die veld vernietig."

Brandslaners probeer steeds om 'n wegholbrand in die Wemmershoekberge tussen Franschhoek en die Paarl onder beheer te bring, berig die SABC.

Talle brandslaners asook vier helikopters het Dinsdagaand die vlamme in hoë temperature, sterk wind en swak sigbaarheid bestry. Meer as 7 000 hektaar landbougrond en indringerplantegroei is sedert Sondag verwoes.

Roysten Harris, stasiebevelvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens, het Dinsdagaand gesê die brand beweeg in die rigting van die Du Toitskloofpas naby die Paarl.



- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment