Thursday 31 January 2013

Storm beskadig talle huise in Kroonstad (30 Januarie 2013)


Een mens is beseer en verskeie huise beskadig in 'n storm wat Kroonstad in die noord-Vrystaat gisteraand getref het. Die persoon is beseer toe 'n H-O-P huis ineengestort het. Die volle omvang van die skade sal eers vandag bepaal kan word. Vroeër die middag het die verkeersowerheid in die Oos-Vrystaat motoriste gewaarsku om versigtig te bestuur, ná swaar reën in die Senekal-omgewing geval het. Verkeer op die N-5 was in 'n stadium deur die reën ontwrig. Verlede week het stortreën in Limpopo en Zimbabwe daartoe gelei dat die Limpoporivier sy oewers oorstroom het. In Mosambiek het die dodetal weens oorstromings in die suidelike deel van die land tot 38 gestyg. Sowat 150-duisend mense is haweloos gelaat weens die oorstromings.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment