Wednesday 6 February 2013

Polisie op soek na vragmotor en sleepwa met uiters giftige stof aan boord.

Die polisie is op soek na 'n vragmotor en 'n sleepwa met 'n uiters giftige stof aan boord, wat by Viljoenskroon in die Vrystaat gekaap is. Die vragmotor het meer as vyf-duisend liter van die chemiese stof, metolachlor, aan boord wat uiters gevaarlik vir mense is. Die polisie sĂȘ die blou sleepwa het die vlootnommer 615 daarop en het mense wat dit sien gevra om onmiddellik met die naaste polisekantoor in verbinding te tree. Die stof word as 'n onder meer as 'n onkruiddoder gebruik.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment