Tuesday 12 February 2013

Swaar reën in die noorde van KwaZulu-Natal

OPVOLG: 12H00 - Ses mense is as vermis aangemeld en een is ernstig beseer nadat 'n swaar storm gisteraand huise en infrastruktuur in die uMzinyathi Munisipaliteit in die noorde van KwaZulu-Natal vernietig het. Paaie en brûe is van die infrastruktuur wat erg beskadig is. Die burgemeester van die Umzinyathi distrik, James Mthethwa sê vier huise het weggespoel. Hy het gevra vir bystand van die provinsiale regering.

09H00 - Swaar reën in die uMzinyathi Munisipaliteit in die noorde van KwaZulu-Natal het huise en infrastruktuur vernietig. Volgens berigte het 'n brug ook ineengestort. Die burgemeester van uMzinyathi, James Mthethwa sê hulle sal enige hulp van die provinsiale regering in geraakte gebiede soos Umsinga en Dundee, verwelkom. Daar is 'n aantal mense as vermis aangemeld.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment