Thursday 14 February 2013

Swaar reën sluit Meringspoort

Modder, opdrifsels en reuse boomstompe moes die naweek en Maandag uit Meiringspoort verwyder word na swaar reën Saterdagmiddag noord van die Swartberge geval het. Foto: Leon Nell.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Swaar reën Saterdagmiddag het motoriste wat deur Meiringspoort moes ry se reisplanne vir 'n ruk gekortwiek toe die rivier in vloed afgekom het en die poort vir 'n ruk gesluit moes word.

Ondanks voorspellings van die weerburo wat gedeeltelike sonskyn en reën in die vooruitsig gestel het, het swaar reën in gedeeltes noord van die Swartberge geval.

Terwyl Stompdriftdam ‘n beskeie, maar dankbare 15mm reën ontvang het, het gebiede noord van die Swartberg soos Smutskraal en Tarkarivier sowat 100mm reën in ‘n betreklike kort tydjie ontvang.

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment